Potgooi nou op Odysee

Die Vryburger Beweging se amptelike potgooi, die Vryburger Potgooi, sowel as ons internasionale potgooi, die BoerCast, is nou beskikbaar op Odysee. Hierdie verandering is genoodsaak deur Youtube se verreikende sensorskap wat gemik is daarop om almal stil te maak wat dinge sê wat teenstrydig is met hulle en ander groot-tec maatskappye se agenda. 

Ten spyte van verskeie episodes wat verwyder is van Youtube deur die platvorm se sensorraad, gaan beide inisiatiewe steeds onverpoos voort. Odysee is ‘n alternatiewe platform met moderne funksies wat baie minder sensorskap toepas en ons dus toelaat om effektief te kommunikeer ten einde gesprekke te ontlok, beide onder ons Volk en onder die internasionale gemeenskap. Dit is uiters belangrik vir die doelstellings van die Vryburger Beweging om ons mense te ontwaak en die Vryburger Potgooi dien hierdie doel deur die sake van die dag aan te spreek en ‘n platform te skep wat Vryburger idees en waardes oordra.

Die BoerCast is gemik op die internasionale gehoor, alhoewel baie jong blankes van Suid-Afrika ook inskakel. Dit is belangrik vir ons om internasionale bande te bou en die internasionale gemeenskap te ontwaak tot die saak van ons Volk. Die BoerCast het ook internasionale gaste op wat saam met die Vryburger Beweging staan in die stryd vir vryheid vir die Witman en die Boervolk. Die BoerCast gee ‘n stem aan ons Volk in die internasionale media en help internasionale Blankes om te sien dat ons nie ‘n oorwonne minderheid is soos wat ons vyande ons probeer uitmaak nie, maar ‘n Volk wat besig is om op te staan.

Die BoerCast het elke Dinsdag en Saterdag uitsendings en ons beplan om kort voor lank weer ‘n gereelde uitsending skedule te begin volg vir die Afrikaanse potgooi wat nog aangekondig sal word. Ons is wel onderhewig aan beurtkrag wat ons uitsendings skedule affekteer, daarom is dit belangrik om ons sosiale media dop te hou vir aankondigings van uitsendings tye.

Kom sluit gerus by ons aan vir toekomstige regstreekse uitsendings of kyk gerus na ons vorige episodes met die onderstaande skakels.

Vryburger Potgooi: https://odysee.com/@vryburgerpotgooi:d

BoerCast: https://odysee.com/@BoerCast:d


Previous
Previous

Fondasie word gelê vir publieke deelname

Next
Next

‘n Waardestelsel vir ons Volk