Afrikaans - Vier die mylpale maar verwerp die leuens!
Hierdie week, 99 jaar gelede is ons taal, Afrikaans, uiteindelik as 'n amptelike taal gekroon. Dit was ‘n reuse mylpaal in die stryd van ons voorvaders gewees en beslis iets wat jaarliks herdenk moet word.
Vandag is daar egter baie misleiding wat rondgaan rondom ons taal. Narratiewe wat probeer voorgee dat Afrikaans sy oorsprong vind uit 'n mengelmoes van tale en kulture en dat veral inheemse volke in Suider-Afrika 'n merkwaardige bydrae gelewer het in die skepping en oorsprong van die taal. Maar is dit werklik so? Is Afrikaans maar ‘n spoeg en plak reënboognasie taal wat deur almal geskep was? Hoe groot is die invloed wat ander rasse en kulture in Suid-Afrika regtig gehad het op ons taal?
Kom ons kyk na 'n paar feite:
Afrikaans bestaan ongeveer uit 100 000 woorde, en dit is wanneer ons hierdie syfer begin afbreek dat dit vir ons 'n duidelike prentjie skets van waaruit die taal werklik sy oorsprong vind en wie die meeste by gedra het daartoe. 'n Eenvoudige soektog op Wikipedia sal alreeds bevestig dat ongeveer 95% van Afrikaanse woorde hul oorsprong vind uit Nederlands en dit opsigself doen alreeds baie skade aan die bogenoemde narratief.
Dit laat egter steeds ruimte vir misleiding, want van waar vind die ander 5% sy oorsprong? Is dit dalk die enorme bydrae waarvan daar gepraat word deur ander kleuriges en kulture in Suid-Afrika? Kom ons breek dit verder af en vind uit.
Volgens amptelike bronne bestaan Afrikaans uit die volgende woorde van inheemse volke uit Suider-Afrika:
Pasella - Vanuit die Bantoe taal familie
Fundi - Vanuit die Bantoe taal familie
Lapa - Vanuit die Bantoe taal familie
Maroela - Vanuit die Bantoe taal familie
Babelas - Vanuit die Bantoe taal familie
Gogga - Vanuit die Khoi-San taal familie
Karoo - Vanuit die Khoi-San taal familie
Kierie - Vanuit die Khoi-San taal familie
Dagga - Vanuit die Khoi-San taal familie
Eina - Vanuit die Khoi-San taal familie
Let wel, hierdie is woorde wat ook amptelik in die Afrikaanse woordeboek verskyn en sluit nie woorde in wat Afrikaners oor die laaste paar jaar of dekades begin na-aap of leen het uit Bantoe tale nie, met woorde soos: "Aikona", "Eish" ens. Hierdie woorde word glad nie beskou as Afrikaans nie, al gebruik mense dit ongelukkig van tyd tot tyd. Die bogenoemde 10 woorde maak egter slegs 0.0001% uit van die Afrikaanse taal. Met ander woorde, inheemse volke uit Suider-Afrika het slegs 0.0001% bygedra tot die oorsprong van Afrikaans. Maar die narratief dat ander kleuriges merkwaardig bygedra het tot die oorsprong van ons taal is darm nog nie heeltemal verkeerd bewys nie, want daar was nog 'n ander groepering wat na bewering groot bydrae gelewer het, die Maleisiese slawe.
Volgens amptelike bronne bestaan Afrikaans in totaal uit die volgende woorde van Maleisiese oorsprong:
Baadjie
Nooi
Piesang
Baar
Baie
Baklei
Piering
Rampokker
Dit wil egter voorkom of die Maleisiese invloed toe nie so merkwaardig is soos daar beweer word nie. Met minder as 10 woorde, maak dit ook 'n skame 0.0001% uit van die Afrikaanse taal in geheel. Wanneer al die woorde van Maleisiese, Khoi-San en Bantoe oorsprong saam groepeer word, vorm dit 'n totale bydrae van ongeveer 20 woorde tot die Afrikaanse taal se woordeskat in geheel, of met ander woorde, slegs 0.0002% van die totale woordeskat uit Afrikaans vind sy oorsprong uit nie-blanke tale en volkere. En met dit liewe volksgenote, word die bewering dat Afrikaans 'n mengelmoes van tale is wat deur die harde bydrae van "alle" Suid-Afrikaners sy geboorte en oorsprong gevind het, totaal en al vernietig.
Die vraag bly dan egter staan, as die bostaande tale en kulture so min bygedra het tot ons taal, waar kom die ander beweerde 5% dan vandaan waarna daar verwys word? Hier sal ek weer terug verwys na amptelike bronne wat verassend genoeg, Frans as die tweede grootste invloed op Afrikaans lys. Wanneer name en vanne uit die lys verwyder word maak dit net onder 100 Afrikaanse woorde uit wat sy oorsprong uit Frans vind. Wat wel beklemtoon moet word is dat baie van hierdie woorde met Franse oorsprong reeds deur Nederlanders aangeneem was as leenwoorde uit Frans, lank voordat Afrikaans begin vorm het, daarom was die meerderheid daarvan oorgedra aan Afrikaans deur Nederlands. Volgens dieselfde bronne is daar maar slegs 10 leenwoorde uit Engels, maar dit moet ook genoem word dat Nederlands uit 'n aansienlike hoeveelheid Engelse leenwoorde bestaan wat ook oorgedra was aan Afrikaans. Soos enige ander taal, maak Afrikaans natuurlik ook gebruik van Latynse en Griekse leenwoorde om na sekere wetenskaplike, mediese en teologiese termes te verwys. Daar is ook enkele leenwoorde uit Portugees, maar nie naastenby genoeg om enige merkwaardige impak op die vorming van die taal te hê nie.
Daar is wel nog ‘n kontroversiële of misleidende gedagte wat ontbloot moet word en heel waarskynlik deel uitmaak van die oorblywende persentasie woorde van nie-Nederlandse oorsprong, en dit is dat sommige taalkundiges die name van plekke, diere, kos en materiële dinge uit Bantoe en Khoisan geledere inluit by hul berekening van die samestelling van Afrikaans. Woorde soos Mpumalanga, Namaqua, Outeniqua, Assegai, Sangoma, en die talle name vir Fynbos of Fona en Flora en diere wat slegs in Suider-Afrika aangetref word. Hierdie is alles terme wat reeds bestaan het en gebruik was deur inheemse groepe. Die Voortrekkers het maar slegs daarna verwys met die naam wat dit reeds gehad het. Om te sê dat hierdie leenwoorde werklik Afrikaans is, is onakkuraat en ‘n oneerlike argument. Dit is so goed soos om woorde wat reeds en slegs in Japanees bestaan, soos “soesji” te gebruik en dan te beweer dat daar ‘n Japanese invloed op Afrikaans is. Is daar dan ‘n Japanese invloed op Engels, Duits en enige ander taal wat ook die woord “soesji” gebruik? Natuurlik nie, dit bestaan slegs in daardie kultuur en is reeds benoem, daarom word dit leen-woorde genoem. Dieslefde kan gesê word van plekname en baie ander dinge daar buite.
Wanneer ons hierdie leenwoorde uit die berekening haal, sit ons skaars met 20 nie-blanke woorde wat die Afrikaanse taal aangeneem het uit ander geledere as sy eie. Enige iemand wat Nederlands sprekend is, sal sonder huiwer kan bevestig dat afgesien van hierdie 20 woorde en die talle ander leenwoorde wat nie eintlik Afrikaans is nie, dit baie voordiehandliggend is dat byna alle Afrikaanse woorde afkomstig is vanuit Nederlands en dat die woorde net effens verander het of vereenvoudig was. In teendeel, Nederlands en Afrikaans is so naby verwant dat sommige taalkundiges vandag nog die argument sal maak dat Afrikaans slegs 'n vereenvoudigde vorm van die Nederlands is. 'n Eenvoudige ondersoek uit verskeie bronne sal ook bevestig dat Afrikaans en Nederlands twee van die naaste verwante tale ter wêreld is. Wanneer al die nie-Afrikaanse leenwoorde verwyder word, is dit meer akkuraat om dan te sê dat ongeveer 98 tot 99% van Afrikaanse woorde hul oorsprong uit Nederlands vind en wat oor bly, geskepte woorde uit Afrikaans self is om nuwe uitvindsels te bewoord.
Nederlands as taal vind sy oorsprong uit die Frankiese taal wat in hedendaagse Nederland, België en Noordwes Frankryk gepraat was deur die Franke. Die Franke was ‘n Germaanse stam wie se taal weer sy wortels uit Ou-Duits gevind het. Oud-Nederlands het ontwikkel uit Frankies en moderne Nederlands het voorgekom as ‘n groeiende dialek van Oud-Nederlands tussen die 12de en 15de eeue. So was hierdie moderne weergawe van Nederlands direk oor die waters gebring deur die VOC na Suider-Afrika en dit is van hier af waar dinge interesant raak en waar baie van die misleiding ook plaasvind.
Ten spyte van die feit dat Duitsers later die groter meerderheid van Vryburgers in die Kaapkolonie uitgemaak het, ‘n feit waarmee nie almal bekend is nie, was die amptelike taal van die begin af Nederlands gewees danksy die VOC wat administratiewe beheer oor die kolonie gehad het. Om hierdie rede, moes ons Duitse en later Franse voorvaders ook assimileer en die taal aanleer.
Hulle was egter nie die enigstes wat op hierdie manier moes aanpas nie, Khoisan, Maleisiese en ander slawe wat oor gebring was moes ook die Nederlandse taal aan leer en oor tyd het dit wel gebeur dat hierdie groeperings hul eie dialek of variëteit van die taal begin ontwikkel het, en dit is juis weens hierdie historiese gebeurtenis dat daar vandag ook beweer word dat Afrikaans deur slawe begin was.
Net soos ons vroeër in hierdie artikel die lagwekkende idee afgebreek het dat Afrikaans en sy woordeskat uit ‘n samevlansing van slawe tale bestaan, kan hierdie bewering dat Afrikaans deur slawe begin was ook verkeerd bewys word. Iets wat soveel mense wat hierdie narratief oor en oor herhaal vandag versuim om uit te wys, is dat daar in teendeel drie verskillende variëteite van Nederlands begin ontstaan het in die Kaapkolonie.
Die eerste twee variëteite van Nederlands, was aanleerdersvariëteite, naamlik ʼn Khoivariëteit en die variëteit wat deur die Maleisiese slawe gebruik was en bekend staan as die Kaapsevariëteit. Die Khoivariëteit het veral teen die Weskus op beweeg, terwyl die Maleisiese slawevariëteit min of meer tot die onmiddellike omgewing van Kaapstad beperk gebly het.
Dit was onder die Europese of Vryburger grensboergemeenskappe aan die buitewyke van die Kaapkolonie, waar die derde variëteit of dialek van Nederlands begin ontwikkel het. Weens die geisoleerdheid van hierdie gemeenskappe en die gebrek aan formele Nederlandse onderrig, het hierdie variëteit later so verander van die oorspronklike Nederlands dat dit onder die VOC amptenare begin bekend staan het as die Kaap-Hollandse dialek. Dit het aanvanklik ooswaarts tot aan die oosgrens van die kolonie versprei en later verder noordwaarts. Dit was hierdie einste Grensboere wat ook later ‘n groot gedeelte van die Voortrekkers sou uitmaak wat sak en pak met hul unieke dialek noordwaarts getrek het en die Boere Republieke gestig het. Die isolasie wat die Groot Trek meegebring het, het toegegee dat die Kaap-Hollandse dialek selfs verder weg beweeg het van Nederlands af. Dit was egter eers ‘n paar dekades na die tweede Vryheids Oorlog, in 1925, dat die dialek wat teen hierdie tyd reeds begin bekend staan het as Afrikaans, ‘n amptelike taal van Suid-Afrika gemaak is.
Dit is hier waar ons klem moet lê op die feit dat standaard Afrikaans soos ons dit vandag ken, direk uit die Kaap-Hollandse dialek geskep was wat onder ons blanke voorvaders ontwikkel het. Alles van sy struktuur tot sy woordeskat. Die Khoi en Maleisiese slawevariëteit van Nederlands wat onder in die Kaap agter gebly het, het geen invloed op die Kaap-Hollandse dialek van ons voorvaders gehad nie. Hierdie ander twee variëteite het in teendeel nooit verder ontwikkel nie en was later oor tyd grootliks vervang deur standaard Afrikaans nadat dit ‘n amptelike taal van die Unie geword het.
Sedert sy stigting as amptelike taal, het die Afrikanerdom (en hier verwys ek spesifiek na blankes), merkwaardige bydrae gelewer om die taal verder te ontwikkel en uit te bou, soveel so dat dit vandag die enigste taal is wat in Afrika gevorm is en gevorderd genoeg is om op universiteitsvlak gebruik te word. Vir die afstammelinge van Khoi en Maleisiese slawe kan ons egter nie dieselfde krediet gee nie. Hul bydrae tot standaard Afrikaans is so minimaal soos die woordeskat wat hul bygedra het tot die taal. Ons moet hier ook dan onsself af vra, waarom sal mens in elkgeval ‘n bydrae verwag van iemand wat nie die taal help skep het nie? Wanneer ons vandag kyk hoe hierdie afstammelinge, naamlik die Kleurlingvolk, standaard Afrikaans verdraai en omskep in hul eie “gamse” weergawe van die taal, doen hulle presies die teenoorgestelde van ons taal op bou.
Afrikaans as taal is onder hewige aanval vandag en die poging om dit te ondermyn en van sy oorsprong te vervreem is enorm. Hierdie blatante misleiding is weereens maar net nog ‘n poging om die harde opofferings van Afrikaners te ondermyn en om iets van ons te steel wat nog altyd ‘n sentrale uitvloeisel van ons identiteit was.
Die doel van hierdie artikel is om mede volksgenote te herinner dat ons blanke voorvaders nie net 'n merkwaardige invloed op die oorsprong en invloed van ons taal gehad het nie, maar dat die taal self uit ons eie bloed, sweet en intelek gebore is. Hier het ons duidelik uitgewys hoe Afrikaans ‘n suiwer Europese taal uit die Wes-Germaanse familie is, net soos die bloed wat deur ons are vloei. Dit is goed om ons jong taal te vier elke jaar, maar dit is selfs meer noodsaaklik vir ons vandag om die valse narratiewe rondom ons taal uit te wys en te beveg, veral onder ons eie mense.
Ek sluit af met die woorde van 'n groot man uit ons taal se geskiedenis wat diep spore getrap het in Afrikaans:
"Die één enigste witmans-taal, wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater klaar gekom het nie, wat die spore van die lief en leed draag van alles wat ons en onse vadere hier deurleef en deurworstel en deurtriumfeer het; die één band wat ons als nasie aanmekaar heg: die uitgedrukte siel van ons volk."
CJ Langenhoven
Uit die boek "Die triomf van Afrikaans"
Los gerus jou kommentaar hieronder en laat weet ons wat jou gedagtes rondom die onderwerp is. Deel gerus ook met vriende en familie en help ons om die waarheid daar buite te kry.