Vryburger Media

View Original

Die aanslag op blanke identiteit

In Europese lande steek 'n nuwe tendens sy kop uit deur te beweer dat die eerste Europese inboorlinge swart was. Hier word veral verwys na die onlangse kinderboek wat beweer dat dit swartes is wat die “Stonehenge” in die Verenigde Koninkryk gebou het.

Vir ons as beweging is dit blatante blanke-haat en propaganda. Die feit dat hierdie in kinderboeke bekendgestel word is die bewys daarvan. Vra u self af waarom juis in kinderboeke? Die antwoord is duidelik, omdat kinders in hul vormings jare hoogs beïnvloedbaar is, veral wat hulle wêreldbeskouing betref.

Die rede waarom dit gedoen word is omdat blanke identiteit en God se natuurlike wette onder aanval is deur ‘n wortellose klas van wêreldburgers te skep, met geen vaderland van hul eie nie. Gevolglik wil hulle ‘n kommunisties omwenteling veroorsaak om sodoende alles wat natuurlik en mooi is te vernietig. Die Duitse filosoof Friedrich Nietzsche het gesê: “Niemand is so minderwaardig soos diegene wat daarop aandring om gelyk te wees nie."

Hierdie tendens is ‘n wêreldwye tendens van blanke haat en dit raak ons in Suid-Afrika ook omdat ons volk van die eerstes was om in die slag te bly onder hierdie bose kommunisties aanslag. Dit kan gemeet word aan die feit dat ons vaderland van ons ontneem is sonder enige merkwaardige weerstand. Verder kan ons sien hoe doeltreffend hierdie aanslag op volk en ras-bewussyn is, bloot aan die feit dat die blankes in Suid-Afrika vrees om aanspraak te maak op dit wat regmatig aan ons behoort.

Die kommunistiese propaganda is vandag selfs veel erger as in die verlede, waarin hulle ons probeer wysmaak dat ons nie die eerste grondbesitters in die land was nie en daarom geen aanspraak het op ons eie Vaderland nie.

Dit het begin by die toegewing van swart “tuislande," wat gevorder het tot die naamsverandering van dorpe en stede wat ons voorvaders vir ons gebou het, tot waar ons vandag sit met rassevermenging en blanke geboorte syfers wat gedaal het tot onder die vervangingskoers. Dit sal dan ook eindig in die totale uitwissing van die blankedom, nie net in Suid-Afrika nie maar ook in die res van die wêreld, mits ons nie nou daadwerklike en verantwoordelike stappe neem om ‘n blanke toekoms te verseker nie.

Ons as beweging glo dat ons Skepper aan ons volk die taak opgelê het om as voorbeeld te dien en as leiers op te tree in hierdie aanslag teen die blanke se identiteit. Daarom begin die weerstand teen hierdie bose kommunistiese aanval deur sterk standpunt in te neem daarteen en ook sterk en uitsluitlik standpunt in te neem vir ons volk en ras. Die toekoms is blank en ons sal nie verder om verskoning vra vir die feit dat God ons blank gemaak het nie.

Vryheid vir die Boervolk! Vryheid vir die Witman! Ons sal wen!

Los gerus jou kommentaar hieronder en laat weet ons wat jou gedagtes rondom die onderwerp is.