Vryburger Media

View Original

‘n Stem vir ons Volk

Dit is geen geheim dat ons in ‘n tyd leef waar die media alomteenwoordig is, van koerante, radio’s en TV’s tot rekenaars en selfone wat met die internet verbind word. Internet toestelle het die landskap van media verander, veral met alternatiewe media wat versprei word deur sosiale media, web blaaie, video’s en potgooie. 

Alternatiewe media het grootliks bygedra tot die ontwaking van baie mense, aangesien dit dinge aanspreek wat die hoofstroom media stil probeer hou. Ongelukkig het hulle hierdie nuwe medium van media ook begin beheer en sensor, soveel so dat dit nie veel anders as die hoofstroom media begin word het wat die stemme wat ten gunste van ons Volk, ras en Blanke belange praat, probeer stil maak.

Ons vyande spandeer miljarde om seker te maak dat die media landskap ons eindeloos bombardeer met volksvreemde idees wat hulle belange en agenda bevorder en so dra dit by tot die morele, kulturele, en ekonomiese verval van ons volk. Dit is dus krities belangrik vir ons as ‘n beweging en as ‘n Volk om ‘n stem te hê in hierdie vyandige media landskap wat praat ten gunste van ons Blankes se belange.

Ten einde aan ons volk ‘n stem te gee, het die Vryburger Beweging twee potgooie, sowel as ‘n media webblad en ‘n verreikende sosiale media teenwoordigheid. Hierdie is maar net die begin van nog baie media platforms wat die einddoel van vryheid vir ons volk nader bring deur vir ons ‘n stem te gee wat nie stil gemaak kan word nie.

In die verlede het ons Volk baie gesukkel met internasionale verteenwoordiging, veral omdat baie van ons volksgenote, insluitend van ons leiers, se Engels beperk was. Engels is nie ons moedertaal nie, maar dit is ‘n taal wat internasionale gehore kan verstaan. Dit is belangrik vir ons om te besef dat indien ons nie vir onsself in Engels praat nie, die hoofstroom media wat ons reeds vyandiggesind is, net ons woorde sal kan verdraai omdat internasionale gehore nie oor die algemeen Afrikaans kan verstaan nie. Dit is dus van baie groot belang vir ons as Volk om ons saak in Engels te stel teenoor internasionale gehore, en ten einde dit te doen bou die Vryburger Beweging baie internasionale bande met pro-blanke bewegings. Verder het ons ‘n internasionale potgooi, die BoerCast, en maak ons ook gereeld video’s in Engels om internasionale gehore te bereik.

Ons besef dat binne ons Volk dit ook belangrik is vir ons mense om ‘n stem te hê, nie net om mekaar in te lig en te ontwaak nie, maar ook om ‘n boodskap van hoop te bring. Baie van ons volksgenote het hoop opgegee op ‘n toekoms omdat hulle deur ons vyande bedreig voel. Dit is vir ons as ‘n beweging baie belangrik om hierdie mense te bereik met ‘n boodskap van hoop vir die toekoms, en daarom het ons ‘n media webblad sowel as die Vryburger Potgooi wat die doel dien om met ons mense te praat in ons eie taal. Verder vind die meeste van ons beweging se kommunikasie ook plaas in Afrikaans om seker te maak dat ons taal voortleef in ons, want net soos Suid-Afrika behoort Afrikaans ook aan ons.

Ons fokus tans hoofsaaklik op digitale media omdat ons ‘n beweging is wat spruit uit die jeug. Ons beplan wel om in die toekoms meer tradisionele media te publiseer en selfs ons eie sosiale media platform te bou waar mense soos ons nie gesensor kan word nie. 

As lesers voel dat hulle ons bestaande en toekomstige media platforms wil steun kan hulle gerus ons media volg en deel met ander sodat ons Volk se stem sal groei deur ons harde werk en aktiewe deelname, al is dit net om vir ander van die Vryburger Beweging te vertel. 

Alleen is ons swak en stil, maar saam is ons ‘n Volk wie se stem ons vyande nie kan stil maak nie!

Los gerus jou kommentaar hieronder en raak deel van die gesprek