Hoor die roepstem! Geloftedag 2023

Mede Vryburgers, ons is opgewonde om vanjaar se Geloftedag byeenkoms aan te kondig en ons uitnodiging aan die publiek te rig. Dit is maar slegs die tweede samekoms van ons jong beweging, maar daar is alreeds heelwat navrae en belangstelling en met goeie rede want hierdie jaar gaan ons groot!

Die byeenkoms sal tussen Vredendal en Vanrhynsdorp in die Wes Kaap plaasvind op die naweek van die 15de tot die 17de Desember met ‘n propvol program vir die hele gesin. As ‘n jeug beweging, hoop ons veral om ‘n hele klomp jong mans en dames te trek hierdie jaar wat trots Blank, nasionalisties en passievol oor ons Volk se toekoms is. Hier sal jy ware vriendskap ervaar saam met mede kamerade wat dieselfde wêreldbeskouing en visie vir ons Volk as jy koester.

Die fees terrein beskik oor kampeerplek vir die wat reeds graag van Vrydag af die byeenkoms wil bywoon. Daar sal kos stalletjies en ‘n boeremark wees op Vrydag asook boeresport en ‘n verskeidenheid ander aktiwiteite om te sorg vir vermaak. Daar sal ook pryse uitgedeel word vir sekere aktiwiteite en soos die jaar tevore gaan ons weer ‘n gedig kompetisie aanbied waarvan die wenners op die dag aangekondig sal word. Saterdag oggend sal daar vroeg ‘n vlaghysing en ontbyt plaasvind waarna die hoofdiens sal begin wat deur ‘n verskeidenheid sprekers aangebied gaan word.

Saterdagaand sal daar ook ‘n fakkel mars plaasvind waar ons die 21 vryheidsbeginsels van die beweging gaan voorlees en ‘n paar liedere saam sing om die vuur en kampvuur stories vertel. Daar sal oor die loop van die naweek ook geleenthede wees om meer van die beweging uit te vind en betrokke te raak.

Wat hierdie jaar se geloftedag veral ook besonders en dalk selfs geskiedkundig maak is die bekendstelling en loots van ons beweging se waardestelsel. As ‘n beweging glo ons nie net in die herdenking van die Gelofte wat ons voorouers afgelê het nie, maar ook in die uitleef daarvan. Die waardestelsel wat ons saamgestel het bestaan uit riglyne wat weer dissipline, vertroue en eer in ons Volk sal herstel. Dit is die waardes wat elke Vryburger op die hart sal dra om deel te vorm van ons beweging, en wat ‘n beter of meer simboliese dag as die 16de Desember om hierdie poging van ons op te dra aan die Allerhoogste en te vra vir sy seen daaroor.

Vir enige navrae oor die byeenkoms of om jou plek te reserveer, stuur gerus vir ons organisering span ‘n epos na vryburgerbeweging@proton.me. Die afsluit datum om jou plek te bespreek is die 1ste November.

Ons beoog ook om saamry geleenthede te skep vir mense wat dit benodig en graag die naweek wil bywoon en vra dat daar vroegtydig kontak gemaak sal word vir die wie belangstel sodat al die nodige reelings getref kan word.

Ons hoop om jou daar te sien en moedig al ons jong ondersteuners aan om elkeen ‘n paar vriende saam te nooi.

Previous
Previous

Die terugkeer van Landnuus!

Next
Next

Pro-Blanke Aksie Dag - Kom neem deel!