Pro-Blanke Aksie Dag - Kom neem deel!

Mede stryders en kamerade!

Met groot opgewondenheid kan ons aankondig dat vanaf Woensdag die 9de Augustus 2023 tot Sondag die 13de Augustus 2023, gaan ons beweging ook deelneem aan die wêreldwye veldtog bekend as “Pro-White Action Day," en ons wil graag hê jý moet betrokke raak! 

Die insiatief is oorspronklik deur Patriotic Alternative begin, dit is 'n goed gevestigde Blanke-Nasionalistiese groep in Brittanje wat kort na die geweldadige George Floyed onluste waaruit die “Black Lives Matter” beweging ontstaan het,  gevorm is. 

Dit het nie lank geduur voordat hierdie sogenaamde swartbelange beweging se ware kleure te voorskyn gekom het nie en dit duidelik was wat hul ware motiewe is.

Black Lives Matter is ongelukkig slegs een stukkie van die legkaart wanneer dit by blanke-haat in die wêreld vandag kom. Hier in Suid-Afrika ervaar ons dit natuurlik al vir dekades lank en is daar geen teken dat hierdie tendens begin afneem nie. Dit word inteendeel erger elke jaar. 

Die goeie nuus is dat Blankes oor die wêreld heen besig is om te ontwaak en op te staan. Aktivisme dae soos hierdie is maar slegs een manier hoe daar terug geveg word teen die anti-banke globalistiese sisteem. 

Alhoewel dit die Pro-Blanke Aksie Dag genoem word, vind dit eintlik oor die loop van vyf dae plaas met die hoop om meer mense te bereik. Die tema hierdie jaar is Blanke trots. 

Hoe kan Vryburgers betrokke raak? 

Ons span is tans besig om plakkate te ontwerp wat ons teen die einde van hierdie week (30 Julie) op ons Telegram kanaal gaan oplaai in Pdf formaat. Van daar af kan mense dit aflaai, uit druk en versprei. Daar sal ook ontwerpe wees wat in die formaat van plakkers of "stickers" gedruk kan word. Die meeste plakkate sal 'n QR kode bevat wat mense direk na ons Telegram kanaal sal neem wanneer dit geskandeer word. Op hierdie manier kan Vryburgers help met die internasionale veldtog en terselfdertyd ook help om meer van ons mense bewus te maak van die beweging en dit te help groei.

Ons moedig ons strydmakkers aan om kreatief te wees en hul verbeelding te gebruik met die veldtog. Om plakkate en plakkers so doeltreffend moontlik te benut sal dit wenslik wees om dit in areas waar daar gewoonlik 'n konsentrasie van Blankes is uit te plaas. 

Hier onder volg 'n paar idees:

-Versprei plakkate in Blanke areas se posbusse

-Sit plakkate op naby Afrikaanse skole waar daar baie skool kinders verby stap

-Rondom universiteit kampusse 

-In kar vensters by inkopie sentrums waar daar meestal Blankes is

-Plakkers op stopstraat pale en ander areas waar daar baie Blankes is behoort ook aandag te trek.

-Ouens wat nie bang is om gesig te wys nie is ook welkom om by strategiese plekke te staan en plakkate te gaan uit deel. 


Om plakkate en plakkers te versprei is egter net een manier hoe mense hulle ondersteuning kan wys gedurende hierdie veldtog. Ons moedig ons strydmakkers aan om ook enige ander aktiwiteite te doen wat hulle dink Blanke-trots ten toon stel. 

Die beweging gaan na die veldtog 'n samestelling-video maak van die beste en mees kreatiewe aktivisme werk wat daar deur Vryburgers gedoen was. Indien jy graag wil spog met jou bydrae, kan jy 'n foto of kort video van jou werk aan stuur na vryburgerbeweging@proton.me

Die hoof doel van die Pro-Blanke Aksie veldtog is om hoop te skep. Dit is om ons mense daar buite te herinner dat hulle nie alleen in hierdie stryd is nie en dat hulle die reg het om trots te wees op wie en wat hulle is. Dit stuur ook 'n sterk boodskap uit dat Blankes wêreldwyd genoeg gehad het van al die onreg teen ons en dat ons begin weerstand bied as ‘n kollektief.

Die skakel na ons Telegram kanaal is: https://t.me/DieVryburgerBeweging

Los gerus jou kommentaar onder aan die artikel en laat weet ons wat jou gedagtes is.
(Jy kan kommentaar sonder om te registreer, vul slegs jou naam in en kies “comment as guest”.)

Previous
Previous

Hoor die roepstem! Geloftedag 2023

Next
Next

Vryburger Media is hier!