Vryburger Media is hier!

Vryburgers, goeie nuus! Ons is opgewonde om uiteindelik die beweging se nuus webwerf vry te stel. 

Vryburger Media sal dien as die mondstuk en nuusbrief van wat binne die beweging aangaan, maar sal ook die platvorm wees waar ons komende geleenthede en byeenkomste van die beweging sal aankondig. 

Eenheid binne ons beweging is van uiterste belang, veral ideologiese eenheid en daarom bestaan Vryburger Media ook uit ‘n tweede afdeling waar ons die beweging se perspektief rondom sekere sake stel.  

Ons wil ook graag hierdie geleentheid gebruik om al die lojale volgelinge van die beweging te bedank vir die ondersteuning en bydrae tot dusver. Die beweging het aansienlike groei gewys sedert sy stigting.  

Hou gerus Vryburger Media dop, daar is groot dinge aan die kom!

Previous
Previous

Pro-Blanke Aksie Dag - Kom neem deel!

Next
Next

Fondasie word gelê vir publieke deelname