Onttrek of bly? ‘n Vryburger perspektief

Niemand kan ontken dat ons as Wit mense wêreldwyd onder aanval is nie. Suid-Afrika is geen uitsondering nie, en hier staar Blankes niks minder as totale uitwissing in die gesig nie. In hierdie wêreld van ewige stryd strewe elke volk en ras vir oorlewing, en dit skep dus ‘n konflik wat ons as Volk in die gesig staar omdat ons Volk strewe vir oorlewing. Dit is dus glad nie verrassend dat ons volksgenote, en selfs internasionale Blankes, die komende konflik baie gereeld bespreek nie. Die algemene perspektiewe wat hieroor geopper word, val in 2 groepe, die wat wil onttrek, d.w.s vlug uit die plekke waar hulle tans bly na “veiliger areas” en die wat wil bly en die plekke verdedig in klein groepies. Ons as Vryburgers het ‘n derde perspektief, wat goed opgesom kan word deur die volgende leuse, “Verenig die Volk, Verower die Vaderland!” In hierdie artikel sal ons die eersgenoemde twee perspektiewe bespreek, sowel as die Vryburger perspektief.

Onttrek of bly, albei perspektiewe spruit uit die gedagtes van die wat reeds opgegee het op die stryd vir ons volk se toekoms. Dus verwys nie een na stryd vir volksbelang of hoër ideale nie, maar eerder net na die onmiddellike veiligheid van die individu sonder enige langtermyn denke oor die oorlewing van die Volk en dus die toekomstige oorlewing van die individu en hulle geliefdes. Die wat hierdie perspektiewe opper moet nog tot die besef kom van ‘n groot waarheid wat Vryburgers reeds besef, dat die individu nooit kan bestaan buite die kollektief van die Volk nie.

Vir albei perspektiewe is daar ‘n paar idees wat die leser eers moet verstaan om te sien hoe mense tot hierdie gedagtes kom. Die eerste is die idee dat ons Volk nooit weer ons vryheid kan herwin of ons vyande oorwin nie. Die tweede idee is die idee dat ons met ons vyande vrede kan sluit, of dat hulle ons alleen sal los as ons net aan die regte organisasie vertoë rig of die regte konsessies maak. Alhoewel hierdie idees ontbloot is van alle rede en waarheid, het hulle posgevat in die wat hierdie perspektiewe opper se psige deur vyandelike leuens en propaganda. Dus is die wat hierdie perspektiewe opper slagoffers van die sielkundige oorlog wat teen ons Volk geveg word om ons te oortuig dat oorwinning en ons volk se bevryding nie haalbare doelwitte is nie.

Die wat wil onttrek glo dat hulle kan vlug en dat hulle alleen of in klein groepies sal oorleef. Alhoewel daar baie logistieke haakplekke in hulle plan is, is die grootste probleme met die idee dat hulle dink dat hulle kan oorleef sonder al die infrastruktuur en vaardighede wat hulle volksgenote verskaf, en dat hulle glo dat hulle vyande hulle eenvoudig nie sal aanval en oorweldig met groter getalle nie. Die wat bly het dieselfde probleem van ‘n klein groepie mense buite hulle Volksgemeenskap wat staan teen vyandige aggressie, maar trek meer voordeel uit hulle volksgenote se vaardighede en infrastruktuur. Hulle staar wel ook vinniger en meer direkte aggressie in die gesig sonder die ondersteuning van die groter Volksgemeenskap.

Albei die bogenoemde planne kan net eindig in mislukking omdat dit nie volksbelang eerste stel nie, hulle vorm nie deel van die Volksgemeenskap nie, en hulle het nie oorwinning as einddoel voor oë nie, maar slegs tydelike oorlewing. Hierdie planne is gebore uit hopeloosheid en opgee, eerder as stryd en oorwinning. Verder spruit hierdie perspektiewe uit gedagtes wat gevorm is deur vyandige leuens en propaganda, en soos ‘n huis gebou op sand kan hulle net ineen stort na ‘n tyd.

Die Vryburger perspektief op hierdie planne, en die komende konflik waaruit hulle spruit, is baie eenvoudig, en spruit uit die besef dat daar geen oorwinning lê in tydelike verdediging en reaksionêre denke nie. Die Vryburger antwoord op hierdie vraagstuk word goed opgesom deur die leuse, “Verenig die Volk, Verower die Vaderland!” As Vryburgers glo ons dat ons enigste hoop op ‘n Blanke toekoms binne ons Volksgemeenskap lê, en dus verwerp ons die leuens wat lei tot die bogenoemde twee perspektiewe. Ons Volk kan nie net oorwin nie, ons Volk sal wen, en ons sal weer vry wees. Elke keer wanneer ons as Vryburgers die leuse, “Ons sal wen!” uitroep, verwerp ons hierdie idees van opgee en hopeloosheid en verklaar ons ons Volk se oorwinning.

As Vryburgers strewe ons eerder om ons Volk te verenig, om ons kultuur te herbou en om ons vryheid te herwin. Ons besef dat ons enigste hoop op oorlewing daarin lê om uitdagings die hoof te bied as deel van ons groter Blanke kollektief. Ons strewe om vir ons Volk ‘n derde opsie te bied wat vir die wat kies om deel te neem aan ons beweging en aan ons Volk se stryd, ‘n plek te verseker in ons Blanke toekoms en vir ons Volk vryheid van vreemde oorheersing te verseker.

Previous
Previous

Die aanslag op blanke identiteit

Next
Next

Kollektivisme bo reaksionsêre politiek