Kollektivisme bo reaksionsêre politiek

Geagte leser, dit het tyd geword vir ons as die Boerevolk om mag te konsolideer en te besin oor die toekoms, vir die Blanke man, nie net in Suid-Afrika nie maar ook oor die ganse wêreld heen. Die rede hiervoor is omdat Volks begrip geweldig oor die afgelope 120 jaar verander het.

Ek sal graag wil begin deur die vraag te vra, hoekom dit noodsaaklik is om die beste moontlike antwoorde op die vrae van die dag te bekom? Daarvoor moet ons die mees doeltreffende vrae vra en eise aan onsself stel. Die rede hoekom ons moet besin oor ons toekoms as Blankes in die wêreld, is bloot omdat ras onlosmaakbaar deel is van die biologiese werklikhede van die lewe, net soos wat geslag en nasionale grense is. Ons kan duidelik in 2023 sien hoe dat daar ‘n volskaalse oorlog gevoer word op die waarheid van ras, geslag en nasionaliteit. Daar word nou nie meer bespiegel oor die kommende Nuwe Wêreld Orde nie, maar dit word openlik gevier deur die gene wat in beheer is van die wêreld se ekonomieë.

Die eerste vraag wat ek sal vra is hoe begin ons weerstand bied teen hierdie dodelike aanslag op ons Volkswese en ras? Eenvoudig, deur soos wat ons vyande, baie doeltreffend dit reg kry, te verenig in ‘n magsblok wat besluite kan neem oor die interne sake van ons Volk en ras. Wat my aanbetref kan ‘n Volk net ‘n gesonde bestaan bied wanneer dit staat maak op die grondslag van ras-suiwerheid en die drie pilare van God, Volk en Vaderland. Hierdie begripe word goed uiteengesit in die Vryburger Beweging se idiologie van Volksnasionalisme.

Om deel te wees van ‘n Volk gee aan ons as individue die geborgenheid van die kollektief asook die gemeekskaplike plig teenoor mekaar as Volksgenote. Om te deel in die selfde geloofsoortuiging gee aan ons die geloof dat ons hoop nie versmaai sal wees deur die teenstand en stryd van die lewe nie, maar dat dit juis daardeur versterk en gelouter sal word. Al die bogenoemde kan net verwesenlik word in ‘n eie grond gebied wat ons kan verdedig en waarin ons hierdie waardes en norme veilig en vry kan uitleef.

Noudat ons kan saamstem oor wat ons as n Volk nodig het om voort te bestaan en ook te vloereer, moet ons praat oor die politiek van die dag of dan eerder die houding wat tans heers onder ons Volksgenote. Hier is dit my mening dat daar drie kampe bestaan.

Die eerste kamp bestaan uit Volksgenote wat openlik vyandig is teenoor Volksnasionalisme. Hierdie gene moet verwerp word en ons moet verstaan dat daar geen salf te smeer is aan hulle nie. Uit eie keuse, is hulle vir ons Volk en ons stryd verlore en sal waarskynlik nie huiwer om selfs teen ons op te tree met geweld nie. Dit is tyd dat ons aan beweeg sonder hierdie individue en nie toelaat dat hulle ons terug hou nie.

Dan tweedens is daar die reaksionêre politieke kamp onder ons Volk. Dit is die gevaarlikste politiek/houding wat daar is want dit is ons Volksgenote wat dieselfde dinge as ons begeer maar wat gedienstig staan aan die staat van die dag. Al wat hulle verlang is na ‘n tydperk waar dit beter gegaan het. Gevolglik verlang hulle dan net na ‘n vroeë tydperk van die verval en ywer hulle nie daarna om die verval te stop of dit om te keer nie. Hulle is daarom dus deel van die verval en dink nog nie in terme van Volksnasionalisme of Blanke-kollektivisme nie. Die grootste rede hiervoor is omdat hulle ongelowig is. Hulle het alle hoop en geloof in ‘n toekoms verloor en hul huidige lot aanvaar.

Wat hulle egter gevaarlik maak is dat hulle dikwels die grootste predikers van geloof en bekering is. Daardeur verskans hulle hulself sodat niemand hulle ooit verantwoordbaar sal hou vir hulle oortuigings nie, maar hulle kan nogsteeds aan hulle kern groep die idee verkoop dat hulle eintlik manne van geloof is. Hierdie mense sal tiepies dinge sê soos: “Julle jongklomp ken nie oorlog nie” of “die tyd is nog nie reg nie” of “As ons net almal verootmoedig voor God dan sal ons gered word”. Sommige van hulle sal ook die argument maak dat ons tans in die eindtyd lewe en daar geen tyd of plek meer is vir Volksake nie en dat elkeen net moet fokus om hul saak met God reg te maak.

Dit is baie moeilik om teenargumente teen diesulkes te maak sonder om vyandig voor te kom. Daarin lê hulle grootste wapen want hulle mikpunt is om uit te stel en te verseker dat hulle nooit hulle geloofsoortuigings hoef uit te lewe nie. Die ironie is dat baie van die gene wat ons as die jeug daarvan beskuldig dat ons nie oorlog ken nie, juis dikwels die is wat ook nooit kontak tydens die grensoorlog gesien het nie en tot vandag toe nog in vrees vir daardie kontak leef. Die gene wat sal sê dat die tyd nog nie reg is nie, sê dit weereens omdat hulle verstaan wat van ons verlang word maar nog nie reg is om op te tree dien oor eenkomstig hulle oortuigings nie. 

Hierdie groep wat al ewig sanik oor verootmoediging en bekering is seker die mees haatlikste argument van die hele lot omdat dit wat hulle sê juis so waar is, maar die metode wat hulle voorstel dit nooit tot verwesenliking sal bring nie. Waarom sê ek so? Dit is eenvoudig, omdat mense nooit sal bekeer as hulle nie ‘n hoop op die toekoms het nie en omdat mense wat wel werklik volgens ons voorvaders se geloofsoortuigings wil lewe, vrees dat hulle vervolg sal word deur die huidige vyandige staat. Ons moet reaksionêre  politiek met die minagting wat dit verdien, sumier verwerp.

Dan laastens is daar die kamp van stryd en ywer politiek. Dit is juis hier waar die Vryburger Beweging sy oorsprong het, want dit is gebou op die onwrikbare wil vir verandering ten goede van ons Volk, deur aksie in geloof uit te lewe. Om die besef te hê dat geloof sonder werke totaal en al dood is. Om te verstaan dat die God van Bloedrivier wag op ons as ‘n Volk om op te tree en terug te veg teen die onreg wat daar teen die Geloftevolk gepleeg word. Ons as die Witmense van Suid-Afrika en die res van die wêreld sal moet besef dat ons nie hierdie taak aan ons kinders kan oorlaat nie. Daar is wêreldwyd ‘n aanslag teen ons en ons enigste hoop is om met ander eendersdenkende en behoudende Blankes in die wêreld te verenig en standpunt in te neem. 

Ten slotte, ons is die Boervolk, Afrikanervolk, Vryburgers van Suid-Afrika en hierdie land behoort aan ons Volk, ons is die regmatige eienaars daarvan en met geloof in die God wat aan ons voorvaders by Bloedrivier oorwinning gegee het en in samewerking met ander Blanke-nasionaliste sal ons weer ‘n toekoms hê. 

Verenig die Volk, Verower die Vaderland! 

Johannes Agenbach

Previous
Previous

Onttrek of bly? ‘n Vryburger perspektief

Next
Next

‘n Stem vir ons Volk